Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging is in Augustus 1969 gestig in Pietersburg.

Daar het in daardie stadium geen takke bestaan nie. Dit kan beskou word as die ontstaan van Pietersburg tak.

Die ledetal het gegroei tot meer as 900 lede, wat dit die grootste tak in die BJV maak. Daar word jaarliks verskeie opleidings geleenthede gebied wat die volgende insluit: Junior- 1 en 2, CHASA-, spoorsny- en herlaai kursusse.