In 2005 is S.A. se luiperd kwota verdubbel na 150 jagpermitte, sonder die voordeel van digtheid en demografiese (geslag en ouderdom) informasie. Hierdie nuwe kwota is gebaseer op studies deur Martin en De Meulenaar (1988) wat S.A. se luiperd populasie toe geskat het rondom 23 472. Hulle het gebruik gemaak van ‘n voorspelbare model wat gebaseer is op die korrelasie tussen reënval (en dus habitat) en luiperd digthede. Dus is luiperd getalle regoor Afrika beraam op grond van die hoeveelheid geskikte habitatte vir luiperds. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DEAT) het toe 10 000 luiperds vir S.A. geskat om die nuwe kwota te bepaal waar hul 1.5 % (150) gebruik het as ‘n volhoubare oestings getal. Hierdie beraming is dalk meer realisties aangesien die Kruger Nasionale Wildtuin slegs ‘n geskatte 1 000 diere huisves. Huidiglik is daar geen akurate data vir luiperd getalle in S.A. (behalwe in ‘n paar bewaringsgebiede) as gevolg van die feit dat hulle alleenlopend en nagaktief is, hul wye verspreiding en hul voorkeur vir bergagtige gebiede. Die meeste ekologiese studies op luiperds het gekonsentreer op bewaringsgebiede en nog min navorsing het plaasgeving in gebiede met uiteenlopende grondgebruike.
Dit mag wel so wees dat hierdie jagkwotas volhoubaar is, selfs dalk nog te laag, maar die feit is ons weet nie. Die getal luiperds wat jaarliks beskikbaar kan wees vir trofeejag word verder beinvloed deur ‘n ondoeltreffende skadepermit stelsel. Vee en wildsboere wat wel ‘n skadepermit vir ‘n probleemdier verkry (bv. 50 permitte in 2004), kan nie sy vee of skaars wildsoort verliese verhaal deur die permit aan ‘n trofeejagter te verkoop nie. ‘n Groot getal aansoeke is onsuksesvol wat kan lei tot onwettige doodmaak van luiperds deur jag, slagysters en vergiftiging om verdere verliese te voorkom. Daar bestaan ook ‘n onsekerheid of die Grondherformingsbeleid enige impak op roofdier getalle te weeg sal bring.
Reeds sedert 1999 is Lajuma Navorsingstasie aktief betrokke by luiperd navorsing waar akurate velddata op die spesie se getalle en ekologie ingesamel word. Lajuma is geleë op die hoogste pieke van die Westelike Soutpansberg, sowat 26 km oos van Vivo en maak deel uit van die Soutpansberg Bewaria en ‘n buffersone van die Vhembe Biosfeerreservaat.
Lajuma se onmiddelike omgewing word gekenmerk deur ekonomiese aktiwiteite soos beesboerdery, wildsplase en ekotoerisme. Lajuma self kan as ‘n oop wildernis area beskou word. Hierdie navorsingstasie se ligging maak dit idiaal vir luiperd navorsing om twee redes, slegs die Sabierivier area het ‘n hoër digtheid van luiperds in S.A., en dus op privaat grond buite amptelike bewaringsgebiede. In 2002 het Lajuma begin om meer intensief na die status en ekologie van die roofdier in die Westelike Soutpansberg te kyk. Weens die bergagtigheid en digte plantegroei was dit nie moontlik om individue te moniteer nie. Dieselfde jaar is die eerste luiperd mannetjie afgeneem met behulp van 35 mm foto film kamera wat deur ‘n drukplaat in die voetpad geaktiveer is