Daar word normaalweg twee Intertakskietdae per jaar gehou. Tydens die tweede Intertak skietdag (gewoonlik vroeg in September) ding die verskillende takke teen mekaar mee om die gesogte Takkompetisie trofee. Die Intertakskietdae kan verskillende vorms aanneem, maar deesdae is die neiging om die kompetisie min of meer in lyn te bring met die skietoefeninge wat tydens die Intervereniging skietdag deurgeskiet word. Dit beteken dat daar na gonge en lewensgrootte diereteikens op verskillende (onbekende) afstande geskiet word en uit 'n groot verskeidenheid posisies, wat so na as moontlik aan natuurlike jagtoestande gehou word. Spanne ding in takverband mee en die kompetisie word telkens deur 'n ander tak van BJV aangebied.