Letaba tak van BJV is op 3 Februarie 1994 gestig met 31 lede. Die tak toon ‘n bestendige groei sodat daar tans meer as 700 lede in die tak is, wat dit die grootste nie-winsgewende organisasie in die omgewing maak.
Elke jaar word daar verskeie interessante aktiwiteite aangebied (sien die jaarprogram), met opleiding in jag en die natuur een van die vernaamste doelwitte – baie klem word veral gelê daarop om by kinders en jongmense ‘n liefde vir die natuur aan te kweek.
Letaba tak beskik oor ‘n natuurbewaringsgebied net buite die dorp, waarvan die ontwikkeling tans aan die gang is. Die helfte van die gebied is reeds met wildwerende heining toegespan met behulp van borge en daar word steeds gewerk om nog fondse te in vir die res van die heining en ander fasiliteite.
Dit is voorwaar ‘n pluimpie vir die lede van die Letaba BJV dat daar met soveel ywer en entoesiasme aan die uitbouiing van die jagsport en natuurbewaring gewerk word en die positiewe groei in ledetal bewys dat daar van wenresepte gebruik gemaak word!
Dubbelkliek op die PDF leêr en druk asseblief die almanak uit op A3 grootte.
Letaba Tak Bestuur word aangevul deur 'n klomp lede wat betrokke is by verskillende portefeuljes se onderafdelings om te verseker dat alles vlot verloop.
Letaba tak het kundiges wat jou kan raadgee oor enige probleme wat jy met die herlaai van jou eie ammunisie ondervind. Hulle kom van tyd tot tyd bymekaar om interressanthede van herlaai te bespreek. Hulle is ook bereid om op aanvraag 'n kursus in herlaai aan te bied. Die groep is :
Neem asb kennis van die nuwe reelings mbt die klubhuis en skietbaan vanaf 2013.
Huur van klubhuis of braai-area
Op 22 April 2015 het die Junior Jagters en wildbewaringsvereniging Letaba tot stand gekom,
Die agenda vir die volgende vergadering sal binne een week na die vorige vergadering hier geplaas word. Lede moet hulself vergewis van hul take en sorg dat hul betyds werk maak daarvan.
BJV Letaba Klubhuis (Sien roetekaart in pdf formaat hieronder)