Sportskiet

Sportskiet by BJV

Veiligheid • Vaardigheid • Deelname • Kompetisie

Sportskiet bied ‘n gestruktureerde manier waarop ‘n vuurwapeneienaar:

  • Veiliger kan word.
  • Akkuraatheid kan verbeter.
  • Vuurwapenhantering kan ontwikkel.
  • Sy of haar vaardigheid objektief kan meet.
  • Deelname aan kompetisies; en
  • deel van ‘n aktiewe skietgemeenskap kan wees.

Waar wil jy begin?

  • Ek soek ‘n skietdissipline → Skietdissiplines
  • Ek wil aan ‘n kompetisie deelneem → Kompetisies
  • Ek soek reëls of ‘n teiken → Reëls en Teikens
  • Ek wil Toegewyde Sportskut word → sien hieronder

Begin met Sportskiet

Jy hoef nie ‘n kampioen te wees om te begin nie.

Sportskiet begin by veilige deelname. As nuwe deelnemer kan jy hier uitvind:

  • Wat het ek nodig?
  • Watter vuurwapen kan ek gebruik?
  • Waar kan ek deelneem?
  • Wat kos dit?
  • Watter reëls geld?
  • Wie kan my help?
  • Wanneer is die volgende skietdag?

Toegewyde Sportskut

Vir die aktiewe sportskut.

Toegewyde Sportskutstatus erken ‘n lid wat aan die toepaslike BJV-opleiding-, evaluering- en deelnamevereistes voldoen en sportskiet op ‘n voortgesette basis beoefen. Soos met Toegewyde Jagterstatus is dit nie bloot ‘n eenmalige kwalifikasie nie – dit vereis voortgesette deelname.

Hoe verwerf ek dit?

  1. Geldige toepaslike BJV-lidmaatskap
  2. Voorgeskrewe opleiding
  3. Teoretiese evaluering
  4. Praktiese evaluering
  5. Voldoen aan die toepaslike vereistes
  6. Dien statusaansoek in
  7. BJV-verifikasie
  8. Status toegeken
  9. Neem voortgesette deel
  10. Registreer aktiwiteite en behou status