Veiligheid Kom Eerste
Alle BJV-sportskietaktiwiteite moet binne die toepaslike veiligheidsreëls en onder behoorlike baanbeheer plaasvind. Elke deelnemer het ‘n verantwoordelikheid om:
- Baanbevele te gehoorsaam.
- Vuurwapens veilig te hanteer.
- Die aangewese veilige rigting te respekteer.
- Slegs op bevel te laai en te ontlaai waar die dissipline dit vereis.
- Enige onveilige toestand onmiddellik aan te meld; en
- die Baanoffisier se instruksies te volg.
Die Baanoffisier se besluit oor veiligheid geniet voorrang op die skietbaan.
Sien Baanoffisieropleiding (onder Opleiding) vir hoe ons Baanoffisiere opgelei en gesertifiseer word.