Jagvaardighede

Skootplasing

Die jagveld is nie die plek om basiese skietvaardigheid te probeer aanleer nie – oefening behoort vooraf plaas te vind. Leer:

  • Relevante wildanatomie.
  • Vitale teikengebiede.
  • Skoothoeke.
  • Wanneer ‘n skoot nie geneem behoort te word nie; en
  • hoe dierposisie die beskikbare teikengebied beïnvloed.

Ballistiek

Praktiese jagballistiek verduidelik onder meer:

  • Koeëlvlugbaan.
  • Inskietafstand.
  • Trefpunt teenoor mikpunt.
  • Wind.
  • Hoogteverskil.
  • Koeëlkeuse; en
  • die praktiese beperking van die jagter se vermoë.

Afstandsbepaling

Die jagter moet die afstand na die teiken kan beoordeel en verstaan hoe afstand die trefpunt beïnvloed.

Skietposisies

Ontwikkel vaardigheid vanuit:

  • Staande.
  • Knielende.
  • Sittende.
  • Lêende; en
  • skietstokke en ander ondersteunde jagposisies.