Baanveiligheid

Veiligheid Kom Eerste

Alle BJV-sportskietaktiwiteite moet binne die toepaslike veiligheidsreëls en onder behoorlike baanbeheer plaasvind. Elke deelnemer het ‘n verantwoordelikheid om:

  • Baanbevele te gehoorsaam.
  • Vuurwapens veilig te hanteer.
  • Die aangewese veilige rigting te respekteer.
  • Slegs op bevel te laai en te ontlaai waar die dissipline dit vereis.
  • Enige onveilige toestand onmiddellik aan te meld; en
  • die Baanoffisier se instruksies te volg.

Die Baanoffisier se besluit oor veiligheid geniet voorrang op die skietbaan.

Sien Baanoffisieropleiding (onder Opleiding) vir hoe ons Baanoffisiere opgelei en gesertifiseer word.