DIE MUSGRAVE – TOEKENNING

 

Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika het gedurende 1981 ‘n subkomitee aangestel om ondersoek in te stel na die moontlikheid om op gepaste wyse erkenning te verleen aan die prestasies van toegewyde en suksesvolle trofeejagters in die geledere van die georganiseerde amateur-jagopset. Dit het daartoe gelei dat die eerste toekenning, van wat tans as die “Musgrave Trofeë” bekend staan, gedurende 1984 geskied het. Die toekenning word deur die Konfederasie geadministreer asook beheer en geskied aan die hand van reëls wat geformuleer is ten einde alle aspekte van die aangeleentheid aan te spreek en wat kortliks die volgende behels:

 

Elke lidvereniging van CHASA kan jaarliks, voor ‘n spesifieke sluitingsdatum, ‘n jagter uit sy geledere vir ontvangs van die toekenning benoem.

 

Nominasie bestaan uit die voltooiing van ‘n omvattende aansoekvorm, verklarings, verslae, C.V. en ander dokumentasie. - Punte word toegeken t.o.v. onder andere verskeidenheid van spesies gejag, trofeegehalte, lande waarin jagtogte onderneem was, aktiwiteite ter bevordering van die amateurjagsport ens. en ‘n minimumpunt word benodig alvorens nominasie kan geskied. - ‘n Subkomitee van CHASA evalueer die nominasies en neem ‘n beslissing aangaande welke, indien enige, genomineerde in ‘n spesifieke jaar die toekenning sal ontvang. Die riglyne wat aanvanklik gegeld het vir die formulering van die reëls is vandag nog net so belangrik en toepaslik en wel dat die toekenning

Geheel en al ‘n Suid-Afrikaanse kleur moes hê d.w.s. toegespits wees op die Suid-Afrikaanse jagter en Suider-Afrikaanse wild. - Etiese jag en in die besonder trofeejag moes bevorder. - Erkenning moes verleen aan verdienstelike trofeejagters. - As aansporing moes dien vir die Suid-Afrikaanse jagter en die hoogste van sy soort in die land moes wees.

 

 

Die jagaspek moes beklemtoon, veral die verskeidenheid van gejagte spesies.

 

 

Nie tot wedywering tussen ledeverenigings moes lei nie. - Slegs eenmalig aan ‘n spesifieke jagter gemaak sou word. Dit volg dus dat die Musgrave-toekenning * Nie ‘n kompetisie is nie, maar wel ‘n ere-toekenning. * Ook nie ‘n reisies is waarin meegeding word om te sien wie eerste by ‘n “wenpaal” aankom nie. * Geen wedywering tussen ledeverenigings van CHASA is om te sien wie se lede die meeste toekennings ontvang nie – almal moet saamwerk om erkenning aan die mees-verdienstelike kandidaat te verleen. * Nie vir die buitelander toeganklik is nie. * Nie beoog om die persoon wie die meeste trofee in die kortste moontlike tyd verkry, te vereer nie. Die toekenning self bestaan uit ‘n bronsbeeldjie van ‘n Boesman in tipiese jaghouding, gemonteer op ‘n paslike houtvoetstuk en is die skepping van die baie bekende beelhouer, Jo Roos. Dit bly die eiendom van die ontvanger en is nie ‘n wisseltrofee nie. Daar word streng gewaak teen die verlaging van standaarde in die toekenning van die trofee en tans beskik dit reeds oor geweldige prestige-waarde, nie die minste waarvan daarin lê om bloot vir ontvangs daarvan genomineer te word nie.

 

 

 

THE MUSGRAVE - AWARD

 

During 1981, the Confederation of Hunters' Associations of South Africa appointed a subcommittee to investigate the possibility of appropriately recognizing the achievements of dedicated and successful trophy hunters in the ranks of the organized amateur hunting setup. This led to the first award, of what is now known as the "Musgrave Trophies", taking place during 1984. The award is administered by the Confederation as well as controlled and is made on the basis of rules formulated in order to address all aspects of the matter and which briefly include the following:

 

Each CHASA member association may nominate a hunter from among its members each year, before a specific closing date, to receive the award.

 

Nomination consists of completing a comprehensive application form, declarations, reports, C.V. and other documentation. - Points are awarded in relation to among others variety of species hunted, trophy quality, countries in which hunts were undertaken, activities to promote the amateur hunting sport etc. and a minimum mark is required before nomination can take place. - A subcommittee of CHASA evaluates the nominations and decides which, if any, nominee will receive the award in a specific year. The guidelines that initially applied to the formulation of the rules are just as important and applicable today that the award

 

Completely had to have a South African color i.e. focus on the South African hunter and Southern African game. - Ethical hunting and in particular trophy hunting had to be promoted. - Recognition had to be given to deserving trophy hunters. - Had to serve as an incentive for the South African hunter and be the highest of its kind in the country.

 

 

The hunting aspect had to be emphasized, especially the variety of hunted species.

 

 

Did not have to lead to rivalry between member associations. - would only be made once to a specific hunter. It therefore follows that the Musgrave Award * is not a competition, but an honorary award. * Nor is it a journey in which one competes to see who arrives first at a “winning pole”. * No competition between member associations of CHASA is to see whose members receive the most awards - everyone must work together to give recognition to the most deserving candidate. * Not accessible to foreigners. * Does not intend to honor the person who obtains the most trophy in the shortest possible time. The award itself consists of a bronze statue of a Bushman in typical hunting posture, mounted on a suitable wooden pedestal and is the creation of the very famous sculptor, Jo Roos. It remains the property of the recipient and is not a floating trophy. The lowering of standards in the awarding of the trophy is strictly guarded and at present it already has tremendous prestige value, not the least of which lies in being nominated simply for receiving it.