Vroeg in Oktober elke jaar, saam met die Letaba tak AJV en skietdag,is dit tyd om te kom spog met al die groot trofees wat jy deur die jaar ingepalm het. Daar is, benewens die eerste plekke wat vir elke spesie behaal word, ook 'n Grootkampioen en Jagter van die Jaar wat jaarliks gekies word. Ook 'n Junior Jagter van die Jaar, Boogjagter van die Jaar en Damesjagter van die jaar, met pragtige wisseltrofees wat gewen kan word. Letaba tak se trofeekompetisie, anders as die Uitvoerende kompetisie, is meer 'n gesellige bymekaarkom en vergelyking van die trofees wat deur die jaar gejag is. Bring jou trofee (dit moet skoon en reukvry wees, en mag nie gemonteer wees nie), al is dit nie 'n rekord nie, want jou medetaklede wil dit sien en die storie daaragter hoor. Kry asb. jou papierwerk ook reg, want jy wil jou trofeë dalk Pietersburg toe vat na die Uitvoerende kompetisie, en daar gaan hulle dit vereis. Enige navrae kan gerig word aan Wallie van Dyk 083-452 2414 of Ivy Iveson 083-441 7599