Neem asb kennis van die volgende baie belangrike vereistes met die indiening van 'n JAG as aktiwiteit om te tel vir 'n aktitiwteit om u toegewyde jagterstatus te behou.

(Sien op www.bosveldjagters.co.za/lede/Jagters Aktiwiteits register vir gratis hervullings)

Die volgende dokumentasie sal aanvaar word:
 

  • Afskrif van jag register in die BJV boekie of soortgelyke dokument waar al die nodige inligting en handtekeninge op voorkom

  • Volledig voltooide en ondertekende vervoer permit (Meld mede jagters se volledige name indien meer as een se wild op een permit vervoer word en laat onderskeie jagters langsaan teken)

  • Verklaring deur die jagter met inligting soos hieronder (skrywe of e-pos aanvaarbaar)

  • Toestemmings skrywes van die plaas eienaars met al die nodige inligting op

  1. Naam van plaas

  2. Naam van plaas eienaar

  3. Volledige adres en kontakbesonderhede van plaas eienaar

  4. Plaas vrystellingsnommer ( indien van toepassing)

  5. Datum van jag

  6. Volledige name, adres en voertuigbesonderhede van Jagter(S)

  7. Spesie, geslag en hoeveelheid van diere gejag

  8. Handtekening van plaas eienaar of persoon deur die plaas eienaar gemagtig om so te doen

  9. Handtekening van jagter(s)

  • Jag permitte uitgereik deur die owerheid

  • Verklaring deur die jagter/Professionele jagter wat jagter bedien het of die jagter self indien hy op sy eie plaas gejag het

  • Prof. Jagters - Afskrif van jag register

  • (Laasgenoemde moet egter slegs gebruik word indien nie een van die ander bewyse moontlik was nie maar MOET al die bovermelde inligting bevat)

Onhou: Die jagtersvereniging het 'n verantwoordelikheid teenoor die SAPD vir die instandhouding en regulering van Toegewyde Jagters en die organisasie gaan nie blootgestel word vir enige lid se nie indiening of valse dokumente nie. Die bewyslas ten tye van 'n SAPD oudit sal op die lid wees.

Indien u nie enige aktiwiteit kon indien nie as gevolg van buitelandse werk, finansies ensomeer moet u vroegtydig in die betrokke jaar 'n verklaring aflê en dit skrifteleik by u tak indien om op 'n vergadering oorweeg te word waarna dit u moontlik kan vryskeld van ledegelde en of aktiwiteite vir behoud van u status. Dit word egter individueel op merite beoordeel en mag ook afgekeur word en moet reeds voor November elke jaar afgehandel wees.

Onthou:  Dit bly die Toegewyde Jagter se verantwoordelikheid om sy status te behou en is nie die Vereniging de verantwoordelikheid nie. BJV is slegs die voertuig waardeur u, u status bekom en behou.

Gebruik die voorbeeld hieronder as u onseker is en of die plaaseienaar nie reeds gedrukte vorms het nie.