Hierdie gewilde wapenformaat herleef nie net in skyfskiet nie maar ook in jag waar die ou tradisionele jagkunsies weer na vore kom. Wanneer jy die woord “buskruit” hoor dink jy onwillekeuring aan die jare toet se oorloë met lope wat soos trompette lyk, laaistokke en baie rook. Dis nie noodwendig verkeerd om so te dink nie maar daar is verskeie buskruit wapens vandag nog in gebruik. Die oorspronklike staatmaker Martini Hendry .45 is seker die bekendste hiervan. Ons gaan egter die valbrug en voorlaaier aksies skei wanneer ons die dissiplines doen. Die valbrug aksie het maar 'n kort leeftyd gehad voordat die slotgrendel dit vervang het. Meer gewild is seker die replika's van die eertydse voorlaaiers wat vandag in verskeie kalibers verkrygbaar is. Die feit dat hierdie wapens nie 'n lisensie onder die wapenwet benodig nie onthef ons nie van die verantwoordelikheid om dit met respek te hanteer nie. Die nuwe wet vereis ook ‘n bevoegdheidsertifikaat wat tans ontwikkel word. Om maar net die ekstreme te gebruik as voorbeeld. Pedersoli se .72 Kodiak dubbelloop lewer ‘n snelheid 1230m/s met 'n 770 grein punt en 180grein ffg buskruit lading. Ekwivalente slaankrag van 'n 500 nitro express! Tans is daar net skyfskiet verenigings wat van 50meter tot ‘n allamintige 900 m ver kompetisie skiet. Letaba Tak wil met ‘n nuwe inisiatief graag lede help om weer vertroue in die wapens te herwin sodat dit nie net ‘n afleiding bied nie maar ook weer opgetel kan word en met vertroue in die jagveld gebruik kan word. Hierdeur sal ons ook ‘n gekontroleerde, meetbare standaard vestig waarin 'n lid sy bevoegdheid kan evalueer. Die volgende dissipline sal vanaf Julie 2007 geskiet word met amptelike boekstawing: Jagters simulasie: a) 50m groepering ( 3 skote sittend vanaf skiettafel op CHASA groeperingsteiken vergroot na A2 grootte) b) 50m Rooibok teiken ( 2 skote staande sonder enige hulpmiddels soos skietstokke) c) 75m Vlakvark teiken (2 skote in sittende posisie sonder enige hulpmiddels) d) 100m Blouwildebees teiken (2 skote in Lê, sit of staande posisie sonder enige hulpmiddels soos sandsakke ens) [In alle gevalle kan die geweerband gebruik word]