Die spoggeleentheid van BJV, waar jy vir Mammie kan trakteer en sy haarself 'n slag kan bederf met 'n nuwe uitrusting en weer 'n slag "gr�nd" kan aantrek! Dit is die afsluitingsfunksie van BJV en hier word ook verskeie bekers uitgedeel wat op die Trofeekompetisie gewen is. Daar word ook gereeld 'n gasspreker genooi en eregaste sluit in vorige wenners van die Musgrave trofee, die CHASA voorsitter en ander BBP's. Hierdie funksie vind gewoonlik die dag na die trofeemetingskompetisie plaas.