Daar word van tyd tot tyd Spoorsnykursusse aangebied. Hierdie kursusse word slegs gehou wanneer daar 'n behoefte bestaan by lede vir so 'n kursus, en nie op gereelde grondslag nie. Skakel die Hoof Opleidingsbeampte van Uitvoerend.

Die kursus wat aangebied word deur kundige en ervare spoorsnyers en bestaan uit beide prakties en teorie en word so aangebied om die maksimum te leer en te ervaar wat in die veld gebeur ten opsigte van spore en tekens wat die jagter in die veld kan tee kom. Hul jare lange ervaring spreek boekdele en die kennis wat oorgedra word is van onskatbare waarde. Dis net hier waar ons leer dat die spoor op die grond die spreekwoordelike punt van die ysberg is en maar net die begin en eerste teken is wat die boek van spoorsny oopmaak.

 

Die kursus word onder die volgende punte aangebied

1.       oorsprong van spore

2.     die wet en spore

3.     ekologie en spore

4.     die moeilikheids graad van spoorsny

5.     eienskappe van `n goeie spoorsnyer

6.     spoor identifikasie en onderskeid