Vier dae van lekker leer vir ons Junior vennote.

Bring u belangstellende Junior (Graad 6 tot Graad 9) en laat hul die ditjies en datjies van jag, slag, meet en nog vele meer kom leer.

Ons Instrukteurs is slaggereed om hul ervaring en kennis te deel met die volgende generasie wat ons natuur moet bestuur en bewaar.

Daar word aandag gegee aan die volgende onderwerpe:

KamphigiŽne en noodhulp, Skootplasing & vitale organe, Jagmetodes & hulpmiddels, Die verhouding tussen jagter & grondeienaar, Spoorsny, Wapenveiligheid & versorging, Ballistieke, Skyfskiet, Diere-identifikasie, Bokafslag, Trofeemeting, Karkasverwerking, Natuurbewaring & wetstoepassing, Habitatstudie en Jagetiek.

Skakel die Ondervoorsitter van die tak naaste aan u vir verdere inligting.