Instrukteurskursus Is jy ‘n ervare jagter?

Wil jy graag van jou kennis wat jy oor jare in die jagveld en deur selfstudie opgebou het terugploeg na ander minder ervare jagters en aan ons jeug?

Dan kan jy navraag doen by ons Ondervoorsitter (Opleiding)Sien Takke/Letaba/bestuur vir meer inligting , en hoor wanneer jy hierdie kursus kan kom doen.  (Dit is ‘n voorvereiste dat jy reeds die CHASA eksamen moes geslaag het).

Jy moet dus baie meer selfstudie doen as wat in die Seniorkursus aangebied word.Jy moet rapporteer by die volgende opleidingsgeleentheid om 'n lesing aan te bied. Die aksie tel as jou prakties en jy word ge-evalueer daarvolgens om te kwalifiseer as instrukteur.  Wanneer jy eers as Instrukteur gekwalifiseer het, moet jy ten minste een lesing elke 2 jaar aanbied of anders verval jou instrukteur-status. Dit is nie maklik nie, maar mens kry oneindig baie bevrediging wanneer jy van jouself kan teruggee aan minder ervare jagters, of wanneer jy ‘n junior suksesvol uitneem om sy of haar eerste rooibok te jag!

Kontak vir Letaba Tak se Ondervoorsitter belas met opleiding vir meer indien jy belangstel.