Kontak gerus met Tinus Erasmus 072 631 6780 of Carel Buitendag (082 551 8114)

Die kursus materiaal kan op die BJV webtuiste afgelaai word by LEDE/KURUSUSSE EN AKTIWITEITE/SENIOR KURSUS  (dis onder aan die blad in PDF formaat)

Die rooster vir die opleiding is te sien onder aan die blad (ook in PDF formaat)

Sien julle daar!


Senior Kursus:

Senior kursusse word aangebied by die tak om jou, as lid, te help om jou kennis oor jag en die natuur uit te brei. Dit word gewoonlik aangebied op weeksaande vanaf Maandagaand tot Donderdagaand by ons klubhuis, en dan word daar die volgende Donderdagaand saam met die ledevergadering, die CHASA toets geskryf. Dit is ‘n drie-uur vraestel en daar is ‘n praktiese gedeelte waar van jou verwag word om verskillende stelle horings te meet. Daar is ook foto’s van verskillende dier-, voël- en reptielsoorte wat uitgeken moet word. Jy moet 70% in hierdie vraestel behaal om te slaag. Daar word elke aand kos voorsien en die lesings begin gewoonlik om 18h00.

Daar word lesings aangebied oor die volgende onderwerpe :

Kamphigiëne en noodhulp, Skootplasing & vitale organe, Jagmetodes & hulpmiddels, Die verhouding tussen jagter & grondeienaar, Spoorsny, Wapenveiligheid & versorging, Ballistieke, Skyfskiet, Diere-identifikasie, Trofeeslag, Trofeemeting, Karkasverwerking, Natuurbewaring & wetstoepassing, Habitatstudie, Voëljag met die haelgeweer en Jagetiek.

Bogenoemde kursus behels die teoretiese gedeelte van die kursus – jy moet ook die praktiese CHASA toets op die skietbaan slaag. Dit bestaan uit 9 skote op ‘n lewensgrootte rooibokteiken – skiet na die vitale organe en jy slaag indien jy 60% of 27 uit 45 in hierdie toets behaal.

Die nege skote word vanuit die volgende skiethoudings en afstande geskiet :

  • 3 skote vanaf 100 m oor ‘n tweepootstok (sit, staan of kniel);

  • 3 skote vanaf 50 m staan uit die vuis uit en

  • 3 skote lêhouding vanaf 200 m –

die voorste gedeelte van die geweer mag op sandsakke rus.

Enige kaliber geweer mag gebruik word, maar ons wil lede aanraai om hierdie oefening liefs met hulle jaggewere te skiet van 6 mm / .243 of groter, omdat dit nie wenslik is om met ‘n kleiner kaliber te jag nie.

(Sien die CHASA Rooibokteiken op die webbladsy : Lede / Toegewyde Jagterstatus vir die tellings van skote in die vitale organe) Wanneer bogenoemde teorie en prakties geslaag is, kan jy dan aansoek begin doen vir jou Toegewyde Jagter status. Kontak vir Carel Buitendag by 082 551 8114 indien jy belangstel.