Vier dae van lekker leer vir ons Junior vennote. Bring u belangstellende Junior (Graad 6 tot Graad 9) en laat hul die ditjies en datjies van jag, slag, meet en nog vele meer kom leer. Ons Instrukteurs is slaggereed om hul ervaring en kennis te deel met die volgende generasie wat ons natuur moet bestuur en bewaar.

Daar word aandag gegee aan die volgende onderwerpe:

Kamphigiëne en noodhulp, Skootplasing & vitale organe, Jagmetodes & hulpmiddels, Die verhouding tussen jagter & grondeienaar, Spoorsny, Wapenveiligheid & versorging, Ballistieke, Skyfskiet, Diere-identifikasie, Bokafslag, Trofeemeting, Karkasverwerking, Natuurbewaring & wetstoepassing, Habitatstudie en Jagetiek.

Maak jou ook reg om jou byna dood te eet, want ons Kampkommandant (Phillip Robinson) staan altyd reg met die heerlikste kos denkbaar!

Tinus Erasmus en sy span wag om van u te hoor. Kontak Tinus gerus by: 072 631 6780 of die BJV Letaba kantoor by 071 871 4710.

Hou die spasie dop vir die volgende kursus datums